Die mediese nooddienste in die Vrystaat het vandag die jaarlikse ry veilig veldtog vir die Desembervakansie geloods.  Hierdie geleentheid het vanoggend plaasgevind by Shell Ultra City Pitsop, Bloemfontein en het  gepaard gegaan met n boomplant geleentheid vir persone wat hulle lewe verloor het tydens COVID asook op die paaie in motorongelukke.  Vanjaar is die 22ste jaar wat hierdie ry veilig veldtog plaasvind. Donderdag 15 Desember gaan Rosestad 100.6fm van 06:00 tot 18:00 regstreeks uitsaai vanaf Shell Ultra City Pitstop as deel van die ry veilig bewusmakings veldtog.  Bly deurlopend ingeskakel op Rosestad 100.6fm en bly op hoogte van die verkeersvloei.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×