Die mediese verslag van oudpres. Zuma is deur die NVG ontvang

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die mediese verslag van die gewese president Jacob Zuma, wat hulle aangevra het, ontvang is.

Die verslag, wat deur die Staat aangevra is sodat die hof kan besluit oor of hy weens sy mediese toestand verhoor kan word, is egter as vertroulik bestempel.

Regter Piet Koen van die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het aan die staat toestemming verleen om ook ‘n mediese mening oor Zuma aan te vra.

Zuma, wat tans 15 maande tronkstraf uit dien weens minagting van die Grondwet Hof en die Franse wapenvervaardiger, Thales, staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery wat verband hou met die omstrede wapentransaksie in 1999.

Luister na potgooie hieronder