‘n Verbysterende 81% van alle graad vier leerlinge in Suid-Afrika kan skynbaar nie met begrip lees nie.
Dit volgens ‘n onlangse studie deur die Progress in International Reading Literacy Study.
Die nare werklikheid is dat ongeveer agt uit tien leerlinge in die land dus hulp benodig met die basiese begrip vir inligting met die lees van ‘n eenvoudige teks.
Die Departement van Onderwys het die inligting vanoggend bekend gemaak.
Die studie om lees-geletterdheid te toets word elke vyf jaar in veertig lande gedoen.
Die huidige syfers toon ‘n skerp afname in die vermoë van lees prestasie-vlakke van Suid-Afrikaanse graad vier leerlinge sedert 2011.