ʼn Verslag na afloop van openbare sittings oor die omstrede Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette, dui aan dat meeste van die
deelnemers in die Noord- en Oos-Kaap die konsepwetgewing steun.
Indien die voorgestelde wetgewing, alom bekend as die Bela-wetsontwerp, bekragtig word, sal skoolbeheerliggame nie meer self oor skole se taal- en toelatingsbeleid mag besluit nie.
Intussen het 78% van deelnemers in die Wes-Kaap die wetsontwerp verwerp.
Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys, Bongiwe Mbinqo-Gogaba, sê ʼn voorlopige verslag oor hoe Suid-Afrikaners landwyd oor die wetsontwerp voel, sal binnekort ter tafel gelê word.