Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), advokaat Andy Motshibi, sê dat hoewel die eenheid baie hard werk om grootskaalse korrupsie in alle regeringsfere in die land oop te vlek is daar nie veel vordering nie.

Hy het gister sy kommer met LP’s in die Staande Komitee oor Openbare Rekenings (SKOOR) gedeel.

Hy sê die SOE se aanbevelings oor tugstappe teen geïmpliseerde staatsamptenare word nie deur staatsinstellings geïmplementeer nie.

Mothibi het saam met die minister in die Presidensie voor SKOOR verskyn om verslag te doen oor die vordering wat tot dusver gemaak is om SOE-veslae en –aanbevelings te implementeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×