Deur genadewater van bo, is die meeste van die damme wat die Mangaung-metro van water voorsien, amper tot oorlopens toe vol.

Máár, hiervan ten spyt hou vlak 3-waterbeperkings die krane meestal styf toe.

Netwerk24 berig die Welbedachtdam was gister 96% vol, die Rustfonteindam staan op 86% van sy kapasiteit en die Knellpoortdam spog met ‘n allemintige 99%.

Die waterbeperkings wat nou steeds geld, belet die volmaak van swembaddens, die gebruik van tuinslange, en daar is ook streng voorskrifte met betrekking tot die was van voertuie.

Volgens Rossouw Botes, die DA se woordvoerder oor water, blyk die kopsorg die metro se vermoë om voldoende gesuiwerde water aan die metro se inwoners te lewer, te wees.

Vlak 2-waterbeperkings is in Julie 2015 ingestel en is in 2016 na vlak 3, waarop dit nou steeds staan, verhoog.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×