Die Menseregtekommissie steun die wetsontwerp oor gelyke indiensneming, en meen boonop ondernemings met minder as 50 werknemers moet óók aan die omstrede rassevoorskrifte voldoen.
Doktor Dirk Hermann, hoof van die vakbond Solidariteit, het aan Maroela Media gesê die MRK se jongste verslag, weerspreek sy 2018-gelykheidsverslag, met ‘n totale ommeswaai in sy standpunte oor rassewette.
In dié 2018-verslag het die MRK aanbeveel regstellendeaksie-wetgewing moet aangepas word op grond van behoefte, asook sosiale en ekonomiese omstandighede.
Die vakbond eis nou antwoorde van die MRK, aangesien hy die skielike ommeswaai as totaal onaanvaarbaar bestempel.