Die Menseregtekommissie, of die MRK, sal vandag geregtelike dokumente by die gelykheidshof in Gqeberha indien om die sanger Steve Hofmeyr voor die hof te daag. Dit kom nadat Hofmeyr glo ‘n omstrede uitlating oor lede van die LGBTIQ+ gemeenskap op sosiale media gemaak het. Doktor Eileen Carter, hoof van die MRK in die Oos-Kaap, het gesê die MRK nader die hof nadat ‘n klagte wat glo kommerwekkend is, ontvang is oor Hofmeyr se uitlating. ‘n Organisasie in Gqeberha het destyds die klagte as moontlike menseregteskending uitgewys. Hofmeyr se uitlating is moontlik in stryd met die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, of die Gelykheidswet. Die MRK het ook gewaarsku dat moontlike skadevergoeding van Hofmeyr geëis kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×