Die Menseregtekommissie sê almal in die land moet met respek behandel word

Die Menseregtekommissie sê almal in die land moet met respek behandel word – ongeag of hulle geldige verblyfdokumente het of nie.

Dit volg nadat die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, vroeër laat blyk het dat buitelanders wat nié geldige verblyfdokumente het nie, nie by die huidige inentingsplan ingesluit is nie.

Chris Nissen, ‘n kommissaris van die MRK, sê ongedokumenteerde mense is steeds tussen ander Suid-Afrikaners, en behoort met dieselfde waardigheid as alle ander inwoners van die land behandel te word.

Luister na potgooie hieronder