Die Johannesburgse Metropolitaanse Polisie, of JMPD, het verlede week op ‘n aartappelskyfievervaardiger toegeslaan wat onwettig bedryf word deur onwettige immigrante in Marlboro. Die beamptes het ‘n voertuig met twee insittendes voorgekeer, ‘n soektog uitgevoer en bokse aartappelskyfies gevind. Die beamptes het met verskeie inspeksies ontdek dat die adres op die pakke van die aartappelskyfies nie ooreenstem met die vervaardiger se adres nie. Omgewingsgesondheidsinspekteurs is na die toneel ontbied en daar is ontdek die vervaardiger het ook nie die nodige dokumente om die besigheid te bedryf nie. ‘n Woordvoerder van die JMPD, superintendent Xolani Fihla, het gesê al die mense wat by die bedryfsaanleg gevind is, is in hegtenis geneem omdat hulle nie regsdokumente besit om in die land te wees nie. Dit is nog nie bekend of dié produkte verband hou met die aantal skoolkinders in Gauteng wat onlangs dood is of siek geword het nadat hulle skyfies by straatverkopers gekoop het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×