Hoewel die Mangaung Metro Munisipaliteit se burgermeesterskomiteelid vir openbare veiligheid en vervoer, Sibongile Tsoleli, aangekondig het dat ten minste 70% van die kringtelevisiekameras in die stad ná drie jaar weer werk, was dit glo glad nie meer die geval met die DA se besoek aan die krisisbestuursentrum nie.

Bloemnuus berig DA-raadslede Dirk Kotzé en Tjaart van der Walt het die sentrum  ná klagte van die publiek ontvang is besoek.

Volgens Van der Walt is hy dankbaar vir die kameras wat wel werk, maar dat dit die getal werkende kameras nader aan 30% is. Kotze is van mening dat die veiligheid van inwoners en die bekamping van misdaad in die metro nie ‘n prioriteit is nie.

error: Inhoud is beskerm !!