Die miljardêr versekeringsmagnaat en eiendomsontwikkelaar, Douw Steyn, is dood.

Steyn, wat jare lank glo swak gesondheid gehad het, was 72 jaar oud.

News24 berig Steyn was veral bekend vir sy Auto & General versekeringsbesigheid in SA, die BGL Group in die Verenigde Koningkryk – die moedermaatskappy van die bekende prysvergelykingswebwerf Compare the Market – en vir die skepping van Steyn City.

Dit is ‘n residensiële en leefstyllandgoed in die noorde van Johannesburg.

Volgens TimesLIVE het Steyn City Properties se Giuseppe Plumari die aankondiging oor sy dood gemaak, en bygevoeg dat Steyn altyd as ‘n uitsonderlike entrepreneur onthou sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×