Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, is aan Covid 19-verwante oorsake oorlede

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, is aan Covid 19-verwante oorsake oorlede.

Netwerk24 berig dat die presidensie pas Mthembu se dood bevestig het.

Die nuus volg nadat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) bekendgemaak het dat 13 520 Suid-Afrikaners tans landwyd in hospitale vir die virus opgeneem is en behandel word.

Bietjie meer as ‘n duisend daarvan word tans in hoësorg-eenhede behandel, met Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap wat die meeste hospitaal-opnames het.

Luister na potgooie hieronder