Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het die matriekklas van 2022 beskryf as ware baanbrekers.  Die minister het vanoggend saam met ander onderwysbeamptes die 2022-matriekuitslae-ontbyt aangebied, waar die land se top-staatskoolpresteerders gevier is.  Sy sê ondanks die struikelblokke wat die COVID-19-pandemie meegebring het, kon leerlinge by die veranderinge aanpas. Hulle is ook tydens die skryf van die matriekeksamen geknou deur die ergste beurtkrag in die land nog.  Sy is ook vol lof vir almal wat die groep ondersteun het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×