Die 3-duisend-525 matrieks wat verlede jaar die eindeksamen van die Onafhanklike Eksamenraad, of IEB, afgelê het, het ‘n slaagsyfer van 98,42% behaal.

Netwerk24 berig dit sluit 12-duisend-580 voltydse en 9-honderd-45 deeltydse kandidate in.

Dié slaagsyfer is effens hoër as 2021 se slaagsyfer van 98,39%.

Anne Oberholzer, uitvoerende hoof van die IEB het gesê dit geregverdig om te sê dat 2022 se matrieks die swaarste deur die impak van die Covid-19-pandemie getref is.

Die grendeltyd en meegaande inperkingsreguslasies het in hulle graad-10-jaar begin.

Uit vanjaar se matriekgroep het 89,3% toelating om ‘n graadstudie te behaal, terwyl 7,5% vir ‘n diplomastudie kwalifiseer.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal na verwagting môre die oorhoofse nasionale matriekuitslae, asook die name van die land se top-presteerders bekend maak.

Met 9-honderd-21-duisend kandidate, is die klas van 2022 die grootste matriekkandidategroep in Suid-Afrika se geskiedenis.

’n Span van ongeveer 53 000 nasieners het van 10 Desember tot 6 Januarie die merkwerk gedoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×