Die groot vraag is of die Vrystaat vir die vierde opeenvolgende jaar die beste matriekslaagsyfer in die land gaan hê, wanneer die uitslae bekendgemaak word.

Indien dit die geval is, sal dit die sewende keer in tien jaar wees dat dié provinsie die hoogste slaagsyfer in die land het.

Netwerk24 berig die Vrystaat was in 2021 die enigste provinsie wat dit kon regkry om vir drie agtereenvolgende jare die beste matriekslaagsyfer te behaal.

Die Vrystaatse LUR vir onderwys sal môre ‘n oorsig van die provinsiale matriekuitslae by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, of SUT, in Bloemfontein bekendmaak.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gee na verwagting om sesuur vanaand ‘n oorsig van die nasionale uitslae en 2022 se matrieks sal môre hulle volledige uitslae kry.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×