Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal na verwagting Donderdag 19 Januarie die oorhoofse nasionale matriekuitslae, asook die name van die land se top-presteerders bekend maak.

Rosestad 100.6FM-nuus het op 4 Januarie berig dat die departement toe nog besig was om toestemmingsbriewe te verwerk.

Slegs skoolverlaters wat skriftelike toestemming ingevolge die Popi-wet, gegee het, se matriekuitslae mag gepubliseer word.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die onderwysdepartement, het in daardie stadium reeds gesê die verwerking van die vorms sal nie die uitslae laat maak nie.

Met 921 000 kandidate, is die klas van 2022 die grootste matriekkandidategroep in Suid-Afrika se geskiedenis.

’n Span van ongveer 53 000 nasieners het van 10 Desember tot 6 Januarie matriek-antwoordstelle gemerk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×