Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, wil die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette by president Cyril Ramaphosa gaan haal, voordat hy dit bekragtig.
Gwarube, LP vir die DA, sê aan News24 dit moet terug verwys word na die Nasionale Vergadering, om te skaaf aan bepalings wat deur die onderwyssektor verwerp is.
Die uiters omstrede Bela-wetsontwerp is op 17 Mei met 223 stemme teen 78, deur die Nasionale Vergadering aanvaar