Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gevra vir verligting vir amptenare van die departement

 Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gevra vir verligting vir amptenare van die departement

Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het gevra vir verligting vir amptenare van die departement van binnelandse sake wat oorwerk en onder groot druk is.
Motsoaledi sê weens die styging in Covid-19 gevalle, besoek al hoe meer mense binnelandse sake-kantore om doodsertifikate van hul geliefdes af te haal.
Hy het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê die departement het voorgestel dat geboorte- en doodsertifikate uitgereik word deur die betrokke gesondheidsgerief waar die geboorte of dood plaasvind, en dat sertifikate daar afgehaal word.

LeandreAdmin@