Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, bestudeer ‘n uitspraak van die Pretoriase hooggeregshof wat sy besluit om die Zimbabwiese Vrystellingspermit-program te beëindig, ongrondwetlik verklaar het. AFP berig ’n volbank van die Pretoriase hooggeregshof het vroeër die week ’n uitdaging wat die Helen Suzman-stigting en die Konsortium vir Vlugtelinge en Migrante in Suid-Afrika teen die besluit wat hy in 2021 geneem het, gehandhaaf. Die hof het onder meer bevind dat die vereiste openbare deelname nie plaasgevind het nie. Die minister se woordvoerder, Siya Qoza, sê die minister is bewus van die uitspraak wat gelewer is en sal mettertyd volledig daarop reageer. Sowat 180 000 Zimbabwiers het in 2009 werkvisums vir vier jaar ontvang en is herhaaldelik verleng. Die regering het in 2021 aangekondig daar gaan geen verdere verlenging na Desember 2022 wees nie. Dit is intussen met ‘n jaar verleng. Motsoaledi het vroeër vanjaar gesê sy departement ontvang daagliks tussen 1000 en 1500 aansoeke vir visas en kwytskeldingspermitte van Zimbabwiese burgers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×