Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê dis Suid-Afrikaners se verantwoordelikheid om die land se toekoms te red.

Schreiber het Woensdagoggend die openingsrede by die twee-dag-lange verkiesingshervormingskonferensie in Boksburg in Gauteng gelewer.

Die minister sê daar is geen kitsoplossing of groot ingryping om die land se vele probleme op te los nie, en voeg by dat, anders as in outoritêre en populistiese regerings, landsburgers die harde werk in ‘n demokrasie self moet doen.

error: Inhoud is beskerm !!