Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramakgopa, sê infrastruktuur-wanbetalings is die oorsaak vir die energiekrisis in die land. Ramakgopa het gister die Kusile-kragstasie in Mpumalanga besoek. Ramakgopa is op ‘n agt dae lange assesseringstoer. Hy sê die meeste van die probleme by die kragstasie is tegnies en nie in verband met korrupsie nie.