Die ANC het gister gesê dit is tóg nodig dat Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, aan ‘n portefeuljekomitee verslag moet doen.
EWN berig die Nasionale Vergadering het gister sy besluit bekend gemaak dat Ramokgopa voortaan sy doen en late aan die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings sal moet verduidelik.
Die ANC se besluit word as ‘n radikale ommekeer beskou, aangesien ‘n voorstel vir ‘n portefeuljekomitee om toesig oor Ramokgopa te hou, in April vanjaar verwerp is.