Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het vanmiddag sy begrotingsrede met ʼn redelike sober opmerking geopen.  Hy sê die land het geweldige ekonomiese uitdagings met verwysing na die impak van beurtkrag, probleme met verskeping en ander infrastruktuur. Soos verwag was Eskom bo aan die agenda en het die grootste deel van die begroting gefokus daarop om oplossings vir die energiekrisis te vind.  Hy het aangekondig dat die regering ‘n groot deel van Eskom se skuld sal oorneem.  Die Minister het ook groot belastingaansporings aangekondig om meer Suid-Afrikaners aan te moedig om hernubare energie te oorweeg om sodoende nie van die netwerk afhanklik te wees nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×