Dat die snoeiskêr van vandag af by staatsbesteding ingelê sal word, is alom in geldkringe te wagte.

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, hou vanmiddag sy mediumtermyn-begroting aan die Nasionale Vergadering voor.

Op die breë beskou is daar twee basiese instrumente wat die staat kan aanwend in ‘n poging om sy boeke te laat klop.

Hy kan meer geld van die belastingbetaler eis, en hy kan die regering se uitgawes besnoei.

Waldo Krugell, professor in Ekonomie aan die Noordwes Universiteit, sê die begrotingsfokus behoort volhoubaarheid te wees.

Hy stem saam dat staatsbesteding besnoei sal moet word. Die regering se uitgawes oorskrei sy belastinginkomste.

Dit lei daartoe dat die regering meer skuld moet aangaan om sy onkostes te dek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×