Die Minister van Finansies sê hulle gaan ‘n wetsontwerp oor Staatsverkryging ter tafel lê

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana sê sy departement gaan ‘n wetsontwerp oor Staatsverkryging ter tafel lê as deel van pogings om korrupsie te bekamp.

Volgens hom is om korrupsie te beveg ‘n prioriteit by alle staatsdepartemente.

Hy sê verder saam met die wetsontwerp, sal ‘n reguleerder aangestel word, wat toesig sal hou oor verkrygingsprosesse.

Die Nasionale Tesourie sal die nodige wetgewing van sy kant af instel.

Intussen is ook bekend gemaak dat ‘n nuwe raad teen die einde van November by die Openbare Beleggingskorporasie, die
OBK, aangestel gaan word nadat verskeie OBK-raadslede in 2018 uit die raad bedank het weens verdoemende bevindings teen die raad deur die Mpati-kommissie van ondersoek.

Luister na potgooie hieronder