Die minister van Gesondheid en sy vrou toets positief vir Covid-19

Die Departement van Gesondheid het sedert sy vorige verslag1 662 nuwe Covid-19-gevalle opgespoor.

Boonop het die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, en sy vrou positief getoets vir die virus.

Mkhize sê hy is tuis onder self-kwarantyn, maar sy vrou is weens haar simptome in die hospitaal opgeneem.

Die departement het ook 63 nuwe Covid-19-verwante sterftes aangemeld: 54 in KwaZulu-Natal en nege in die Oos-Kaap.

Dit bring die land se totale sterftesyfer op 18 471 te staan.

Intussen sê gesondheidskenners dis belangrik dat die land se hospitale goed voorbereid is op die verwagte tweede koronavirus-vlaag.

Meer as 700 000 Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld met die meeste hiervan in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die Vrystaat.

Glenda Gray van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het gesê mense is op die oomblik heeltemal te gerus.

Luister na potgooie hieronder