Die minister van Gesondheid het weereens daarop gewys dat niemand vir ‘n inenting teen Covid-19 hoef te betaal nie

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize het weereens daarop gewys dat niemand vir ‘n inenting teen Covid-19 hoef te betaal nie. Volgens die minister betaal die regering en mediese skemas slegs vir die administrasie daarvan. Hy sê indien daar van enige persoon vereis word om te betaal, moet daar dadelik vrae gevra word. Mkhize sê dié maatreël is in plek gestel om enige ongerymdhede met entstowwe te verhoed, wat die aanvraag op die swartmark ook minder aanloklik maak.  Mkhize het ook vroeër benadruk dat die verspreiding van die coronavirus-entstof nie sonder probleme sal verloop nie.  Intussen het die departement van Gesondheid gesê hy het die voorwaardes afgeteken vir die 9 miljoen dosisse Covid-19 entstof wat van Johnson & Johnson aangekoop word.

Luister na potgooie hieronder