Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, is beveel om op te tree teen ‘n een-komma-twee miljard rand-bedrogverslag. Dit kom nadat bevind is dat wette oortree is toe 22 sekuriteitsmaatskappye in 2019 kontrakte gekry het om Noordwes se gesondheidsfasiliteite en kantore te bewaak. Minister Phaahla sal môre aan die hof moet verduidelik waarom daar nie opgetree is nadat die bedrog in 2020 deur die Noordwes-gesondheidsdepartement bekend gemaak is nie. Hy staar tot twee jaar gevangenisstraf in die gesig sou hy versuim om die hofbevele na te kom.