Die minister van Gesondheid, dokter Joe Phaahla, sal eers voor die parlementêre Portefeuljekomitee oor Gesondheid verskyn voordat die konsep gesondheidsregulasies wat bedoel is om die nasionale ramptoestand te vervang, gepubliseer word. Dit is op versoek van die VF Plus. Intussen word die publiek se kommentaar en insette rakende die saak nog verwerk. Die VF Plus se standpunt is dat dit beter sal wees om die voorgestelde regulasies terug te trek en heeltemal te skrap. Die party sê dit is duidelik ‘n poging om die tydelike magte wat deur die ramptoestand verleen is permanent te maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×