Die Minister van Gesondheid sê die regering beoog om verdere beperkings in stel om die verspreiding van die coronavirus te stuit

Die Minister van Gesondheid sê die regering beoog om verdere beperkings in te stel om die verspreiding van die coronavirus te stuit.
Volgens die jongste data was daar die afgelope 24 uur verslagtydperk ‘n toename van 2 563 gevalle.
Die totale infeksie-syfer sedert die pandemie begin het staan op 787 702.
Mkhize sê inperkings kan weer van krag word om ‘n tweede vlaag van infeksies in die feestyd te verhoed.
Hy sê hulle bespreek nie vlakke van inperking nie, maar wil streng maatreëls instel.
Dit sal die aantal mense raak wat partytjes en vergaderings bywoon.
Mkhize sê hospitale word ook oorweldig deur noodgevalle wat deur alkohol veroorsaak is.

Luister na potgooie hieronder