Die Minister van Gesondheid sê die uitrol van die Covdi-19-entstof sal deur die nasionale regering hanteer word

Die Minister van Gesondheid sê die uitrol van die Covdi-19-entstof sal deur die nasionale regering hanteer word en nie deur individuele provinsies nie.

Dit kom na die Wes-Kaap planne beraam het om onafhanklik die entstof te bekom.

Mkhize sê besendings word op groot skaal gedoen, en daarom sal groot farmaseutiese maatskappye verkies om met nasionale regerings te onderhandel.

Hy het gepraat tydens sy besoek aan gesondheidsfasiliteite in Limpopo.

Volgens hom sal dit onprakties wees vir provinsiale regerings om die uitrol van die entstof te bestuur.

Luister na potgooie hieronder