Die minister van Gesondheid sê in ‘n verklaring dat nog 4576 coronavirus-gevalle in die jongste verslagperiode aangemeld is

Die minister van Gesondheid sê in ‘n verklaring dat nog 4576 coronavirus-gevalle in die jongste verslagperiode aangemeld is, wat die groot totaal op eenmiljoen 645,551 te staan bring. Die dodetal het in dieselfde tydperk met 123 tot 56,293 gestyg. Daarvan het 38 sterftes in die Vrystaat voorgekom, 30 in die Noord-Kaap en 23 in Gauteng. Die herstelkoers is 93,8 persent. Die land het tans 46,738 aktiewe gevalle.

Luister na potgooie hieronder