Dokter Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, beloof om korrupsie in die gesondheidsektor te monitor wanneer die Nasionale Gesondheidsversekering in werking is. Motsoaledi is tans op ʼn bewusmakingsveldtog om inlgting oor die gesondheidsversekering met gemeenskappe te deel.
Hy sê die wet sal verseker dat selfs die mees kwesbares in die land, toegang tot die beste gesondheidsorg kry. Intussen eis talle politieke partye en ander instansies dat die wet herroep en hersien moet word.