Die minister van gesondheid sê SA moet hom voorberei vir ‘n moontlike derde vlaag van Covid-19

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê Suid-Afrika en die vasteland moet hom voorberei vir ‘n moontlike derde vlaag van Covid-19.

Sy waarskuwing is gegrond op syfers wat daarop dui dat die voorraad beskikbare entstof in hierdie
stadium nie naastenby genoeg is om kudde-immuniteit teweeg te bring nie.

Suid-Afrika is die land in Afrika met die hoogste Covid-19-syfers.

Mkhize sê minder as tien lande in Afrika het geld om vir hul burgers se entstof te betaal.

Hy sê die meeste lande moet op die Wêreldgesondheidsorganisasie se Covax-entstofprogram staatmaak.

Die Covax-program kon tans net genoeg vir sowat een derde van Afrika se inwoners entstof bekom.

Intussen is 3 751 nuwe Covid-19 gevalle in die afgelope 24 uur siklus bevestig, asook 261 sterftes.

Luister na potgooie hieronder