Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê gesondheidsorgwerkers moet diegene ignoreer, wat die Nasionale Gesondheidsversekeringswet kritiseer. Hy doen veral ‘n beroep op gesondheidsorgwerkers om nie gehoor te gee nie, aan voorstelle om die land te verlaat om elders groener weivelde te soek nie.

Die Wet het gister van krag geword, toe die wetsontwerp deur president Cyril Ramaphosa onderteken is. Die regering sê die Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel sal die huidige ongelykheidsgaping in die verskaffing van gesondheidsorgdienste laat krimp.

Intussen het ‘n groot aantal politieke partye, burgerregteorganisasies en ander rolspelers in die mediese sektor, aangedui dat hulle op pad hof toe is. Veldtogbeampte van AfriForum, Louis Boshoff, sê daar is verskeie maniere waarop hierdie wetgewing deur regsaksie gestuit kan word. AfriForum beplan ʼn klas-aksie teen die regering.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×