Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize gaan vandag fasiliteite vir inentings in die volgende fase besoek

 Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize gaan vandag fasiliteite vir inentings in die volgende fase besoek

Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize gaan vandag fasiliteite vir inentings in die volgende fase besoek om hul gereedheid vir die entstofprogram te bekyk.

Die fasiliteite in Gauteng sal in die volgende fase gereed moet wees om mense teen Covid-19 in te ent, sodra die verwagte entstof in Suid-Afrika aankom en versprei word.

Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, sal Mkhize vergesel waar hulle eerste by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Parktown, Johannesburg sal aandoen.

Tot dusver is meestal gesondheidswerkers ingeënt.

Vroeër was gerugte versprei dat bejaardes binnekort kan begin registreer vir inentings, maar volgens die woordvoerder van die Gesondheidsdepartement is die gerugte vals en moet dit geignoreer word.

LeandreAdmin@