Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het onlangse voorvalle van vandalisme by tersiêre instellings landwyd tydens studentebetogings veroordeel

Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het onlangse voorvalle van vandalisme by tersiêre instellings landwyd tydens studentebetogings veroordeel.

Hy sê protesoptrede en misdadige gedrag sedert die middel van verlede jaar het die land bykans 33-miljoen rand gekos. Infrastruktuur by minstens 10 instellings is beskadig.

Volgens Nzimande kan die gewelddadige optrede deur studente nie geregverdig word nie.

Hy het ‘n beroep op wetstoepassingagentskappe gedoen om vinnig op te tree om oortreders vas te trek. Nzimande het verder ook vise-kanseliers van universiteite gevra om veiligheidsmaatreëls te verskerp.

Luister na potgooie hieronder