Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, sê hy moet nog die Hooggeregshofbeslissing bestudeer

Die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, sê hy moet nog die Hooggeregshofbeslissing bestudeer waarin sy opdrag aan Unisa ter syde gestel is oor ‘n laer studente-inname.

Nzimande het opdrag gegee dat Unisa vanjaar 20 000 minder eerstejaars as verlede jaar moet inskryf. Regter Mamoloki Kubushi het egter beslis dat Nzimande se besluit ter syde gestel word.

Ishmael Mnisi, Nzimande se woordvoerder, sê die minister sal eers ‘n regsmening inwin voordat hy op die uitspraak reageer.

Luister na potgooie hieronder