Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, doktor Naledi Pandor, het gister haar departement se begroting en ook die land se posisie heens die Rusland-Oekraïne oorlog verdedig.

Pandor het gesê Suid-Afrika se uitgangspunt oor die oorlog is, en was nog altyd, dat diplomasie en onderhandelings ingespan moet word om vrede in die streek te bewerkstellig.

Sy het gesê haar departement se 2023/24 begroting se fokus moet wees op vrede en nie oorlog nie.

Sy het dit duidelik beklemtoon dat Suid-Afrika geen geweld teen Oekraïne goedgekeur het nie, en dat Suid-Afrika die territoriale integriteit van Oekraïne respekteer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×