Die minister van Justisie sê hy vertrou dat adjunk-hoofregter Zondo die kwessie kan hanteer rakende Jacob Zuma se uitstappery uit die Zondo-kommissie

 Die minister van Justisie sê hy vertrou dat adjunk-hoofregter Zondo die kwessie kan hanteer rakende Jacob Zuma se uitstappery uit die Zondo-kommissie

Die minister van Justisie, Ronald Lamola, sê hy vertrou dat adjunk-hoofregter Raymond Zondo, die kwessie kan hanteer rakende voormalige president Jacob Zuma se uitstappery uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gister.
Zuma het die kommissie sonder Zondo se toestemming verlaat nadat hy misluk het met sy aansoek dat Zondo hom aan die sitting moet onttrek wanneer Zuma getuienis lewer.
Zuma meen Zondo sal bevooroordeeld wees teenoor hom. Lamola sê Zondo het die kommissie tot nou toe heel bekwaam hanteer en hy glo dit sal die geval wees totdat die kommissie sy werk afgehandel het.

LeandreAdmin@