Die minister van onderwys maak ‘n aankondiging oor die Oktobervakansie

Angie Motshekga, minister van onderwys, het gisteroggend tydens ‘n mediakonferensie aangekondig dat die Oktobervakansie sal voortgaan.

Díé besluit volg na ‘n vergadering van die departement van onderwys met die raad van onderwysministers.

Insette van belanghebbendes oor die wysiging van die 2021 skoolkalender is na samesprekings oorweeg.

Volgens Motshekga is wél besluit dat die verlore aantal skooldae op distriks- en skoolvlak op ‘n redelike manier ingehaal moet
word.

Statistiek toon aan dat skole in Suid-Afrika verlede jaar 54% van die skooljaar, en vanjaar alreeds 50% weens die Covid-19 pandemie verloor het.

Luister na potgooie hieronder