Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê hy het die bestuur en direksie van Eskom gevra om Suid-Afrika so vinnig moontlik uit fase 6-beurtkrag te probeer kry.  Hy het gister met die direksie van Eskom vergader.  Gordhan sê hy het hulle beveel om met ‘n groot gevoel van dringendheid op te tree om seker te maak dat die kragvoorsiener se bestuur die probleem oplos.  Hy het gesê die erge beurtkrag het ‘n verwoestende uitwerking op huishoudings, lewensbestaan en die land se algemene ekonomiese klimaat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×