Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê hy weet die land is gefrustreerd met die huidige vlakke van beurtkrag. Gordhan het vanmiddag tydens ‘n mediakonferensie gepraat oor Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, wat bedank het. Hy sê die regering gaan saam met Eskom baie beter moet doen om die probleem aan te spreek.