Die minister van Polisie, generaal Bheki Cele, het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens die agterstand met die DNA-toetse afgehandel het. Cele sê van gister af staan die DNS-agterstand wat aanvanklik meer as 241-duisend was, nou op eenduisend-600. Dit is ‘n 99-komma-drie persent vermindering in die land se DNA-agterstand.