Die minister van Polisie, Bheki Cele, doen ‘n beroep op dranklisensieliggame in provinsies om verantwoordelik te wees wanneer lisensies goedgekeur word. Cele het gister tydens die bekendstelling van die Veiliger Feesseisoen-operasie aan die publiek gesê hulle moet alkohol verantwoordelik by wettige kuierplekke geniet. Hy het gewaarsku dat diegene wat nie by die wet hou nie, gearresteer sal word. Cele het gesê diegene wat alkohol drink moet hulself ook daarteen waak om slagoffers van misdaad te word. Cele, het beklemtoon misdadigers moet nie van die polisie verwag om hul menseregte in ag te neem wanneer hulle in hegtenis geneem word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×