Die minister van Polisie, Bheki Cele, het die naweek kritiek gelewer op die regstelsel wat misdadigers vrylaat. Hy het die naweek die begrafnis van die ondervoorsitter van die Guguletu-gemeenskapspolisieringsforum in Kaapstad bygewoon. Die persoon van belang wat in verband met die moord op die 56-jarige Lulama Dinginto, gesoek word is glo voorheen 12 keer gearresteer en het ʼn string sake teen hom. Cele het gesê dit is frustrerend dat misdadigers op parool of borgtog vrygelaat word of sake geskrap word.
