Die minister van polisie moet R350 000 aan ’n rekenmeester in die Vrystaatse Goudveld betaal wat na bewering in die aanhoudingselle van die Virginia-polisiekantoor deur ’n aangehoudene verkrag is.

Netwerk24 berig ’n skikking is gister in die Vrystaatse hooggeregshof bereik nadat die man, wat ten tyde van die voorval 34 jaar oud was, ’n eis van R500 000 teen die minister van polisie ingestel.

Dit spruit uit die man se bewering dat hy in Oktober 2015 deur een van sy mede-aangehoudenes verkrag is.

Die vermeende verkragter en ander medepligtiges, is vermoeddelik onwettige immigrante van Lesotho.

Die skikking is ’n bevel van die hof gemaak en die hof het ook gelas dat die minister die regskoste moet betaal.

Luidens die hofstukke is die rekenmeester op 5 Oktober 2015 by sy werksplek in Welkom op ’n klag van die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Hy is tot sy eerste hofverskyning, twee dae later, in die Virginia-polisieselle aangehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×