Die minister van Polisie, Bheki Cele, het gesê een van die groot polisiëringsfunksies is om die veiligheid van vroue, kinders en bejaardes te verseker. Cele het die naweek lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens toegespreek tydens die bekendstelling van die Veiliger Feesoperasies in Gauteng. Die minister het gesê die polisie moet alles laat vaar en na vroue omsien in gevalle waar hulle by polisiekantore opdaag om mishandeling aan te meld. Hy het beklemtoon dit is die polisie se werk om die veiligheid en gemak van vroue en kinders hierdie feestyd te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×