Die minister van Polisie, Bheki Cele, voel tevrede met die polisiediens se gereedheid vir die verkiesing. Dit volg na afloop van sy onlangse oorsigbesoeke aan die land se
polisiekantore, om veiligheids- en sekuriteitsplanne met stasiebevelvoerders te bespreek.

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, asook die departement van verdediging, is voorbereid om hulp te verleen indien dit nodig sou wees. Cele wil Suid-Afrikaners daarvan verseker dat die verkiesing glad sal verloop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×